Hier volg 'n hele string fotos; ek gaan nie elkeen beskryf nie. Kyk maar self, die plek is 'n juweel. Ons het elke dag lang ente gaan stap, rondom die dam, op teen die berg, die bos-staproete. en die plek het die mooiste swembaddens - koue baddens en verhitte baddens; en die mense geniet hulself gate uit, met die beste restaurant wat mens op so 'n vakansie sou wou hê. Slap chips!!! Elke dag, twee keer!!!
Oupa en Sussa..
Die vakansie het Jan-Hendrik die eerste keer "self" geswem (met sy Spiderman vlerkies); angstig aanvanklik, maar hy't homself verskriklik geniet en ure in die water gespandeer.
Ander besoekers aan ons kampplek...