Dit was ook baie toepaslik vandag 'n jeugdiens, en die dominees het met die gebruik van speelgoed gereedskap aan almal gedemonstreer dat daar 'n regte tool vir die job is; en al is daar niks fout met die saag nie, is hy nie gemaak om 'm spyker in te slaan nie. Pragtige lewenslessies oorgedra van die regte tool vir die regte werk, die vernuf en kennis wat mens moet he om die regte tool vir die regte werk aan te wend, die instandhouding van die tools, ens.
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
23.1.11
Die gesinnetjie van 4 gaan kerk toe.
Vandag was weer een van daardie baie spesiale dae in ons gesinnetjie se bestaan. Ons was vandag die eerste keer as 'n gesin van 4 mense saam in die kerk, en ek en Jan-Hendrik het ten spyte van die drukkende hitte in Nelspruit ons langmou hemde en dasse aangehad.

Dit is darem 'n wonderlike voorreg - sommer alles; die gesin, gesonde kinders, 'n gesonde vrou (lyk mos nie of sy 'n groot operasie gehad het nie), die vryheid van kerk en geloof, die sekuriteit van werk en huis. Ons het baie om voor dankbaar te wees.
22.1.11
Die Taverners kom kuier.
Neil en sy familie het Vrydagaand hier by ons kom kuier. Ons het alles en almal bespreek en Ja-Hendrik het meer as genoeg maatjies gehad om mee te speel. 'n Ding het gebeur wat nog nooit voorheen in ons huis gebeur het nie - Jan-Hendrik het halfpad deur die aand vir my kom sê dat hy moeg is ("Myemyemyemye...moeg"), en ek het hom geglo, want hulle het alles by ons huis herontdek; op hoë spoed.

19.1.11
Lekker in die Spur..
Lana se eerste keer in die Spur. Sy was nie baie beindruk nie. Die res van ons was heel plesierig; dit was weer goed om vir Andrew en vir Tanya in Nelspruit te he. Hulle is afterall die twee kleingoed se peet-ouers.

Marinda lyk goed na haar groot operasie en die min slaap. Ek dink sy is net so bly om bietjie uit te kom.
Kyk hoe mooi is ons oë..
Met niks om te doen die ander dag in die Spur het ons besluit om diep in mekaar se oë te kyk, en kyk net hoe pragtige is die orgaan. Volgende keer doen ons ander organe...
Hier is Jan-Hendrik; donkerste oë van almal; ook die moeilikste om af te neem, dus die bietjie blur...
-----------------------------------------------------------------------------
Jan-Hendrik se pa se oog (dis nou ek né)
-----------------------------------------------------------------------------
My pragtige vrou Marinda... die oog waarop ek verlief geraak het!! En om te dink sy het nog een!!
Hier is Jan-Hendrik; donkerste oë van almal; ook die moeilikste om af te neem, dus die bietjie blur...
Jan-Hendrik se pa se oog (dis nou ek né)
My pragtige vrou Marinda... die oog waarop ek verlief geraak het!! En om te dink sy het nog een!!
Skoonsus Tania se oog; check die spikkels...
Oupa Jan se oog; Jan-Hendrik aard na hom lyk dit my...
14.1.11
Sy is 'n stukkie goud!!
Die pligte vervat in vaderskap..
So 'n paar dae gelede het Jan-Hendrik en die honde verdwyn. Net vir 'n minuut of twee; en ons ontdek toe 'n probleem. Ontmoet ons hek by die oprit.

Catch me if you can... Die gevare verskuil in hierdie probleem is ondenkbaar; want die straat is besig, dit is op 'n blinde draai; en tussen my en hom is 'n toe hek; en die remote is nie by my nie; en nog meer ondenkbaar is die gevaar dat die hek sou oopgaan as meneer besig is om daardeur te squeeeez.
Oplossing - drie dae se houtplanke afhaal (van die heining af teen die muur), size, saag, skaaf, gate boor in die staal hek (maak self die sommetjies - elke gat bestaan eintlik uit 'n 2mm pilot gat, gevolg deur 'n 4mm, gevolg deur 'n 6mm; 72 houte; elkeen 2 gate (bo en onder); en dan nog die twee gate in elke stuk hout; dus 'n breindood herhaling van ... 576!! Helfde daarvan staande; 'n kwart op 'n leer; 'n ongemaklike kwart daarvan op jou knieë of bukkend).
Catch me if you can... Die gevare verskuil in hierdie probleem is ondenkbaar; want die straat is besig, dit is op 'n blinde draai; en tussen my en hom is 'n toe hek; en die remote is nie by my nie; en nog meer ondenkbaar is die gevaar dat die hek sou oopgaan as meneer besig is om daardeur te squeeeez.
Oplossing - drie dae se houtplanke afhaal (van die heining af teen die muur), size, saag, skaaf, gate boor in die staal hek (maak self die sommetjies - elke gat bestaan eintlik uit 'n 2mm pilot gat, gevolg deur 'n 4mm, gevolg deur 'n 6mm; 72 houte; elkeen 2 gate (bo en onder); en dan nog die twee gate in elke stuk hout; dus 'n breindood herhaling van ... 576!! Helfde daarvan staande; 'n kwart op 'n leer; 'n ongemaklike kwart daarvan op jou knieë of bukkend).11.1.11
Vriende kom kuier.
Die Mathysens is terug van vakansie af en het gister na kerk vir ons kom kuier (shame, die arme man was verplig om Castle te drink). Al die kleintjies saam in een huis; dan eers besef mens hoe vinnig hulle groei; ek het nog die hele tyd aan Jesica gedink as 'n "klein" babatjie.. Sy's nou al 'n stewige kind!!

10.1.11
Een week oud
Ek kan nie glo tyd vlieg so vreeslik vinnig nie. Lana is nou al 'n week met ons (in die buitelug..), en sy is absoluut perfek; pragtig!! In pienk. Ek verstaan waar die "pienkvoet"-ding vandaan kom.


Saam met Ouma Hanna en Oupa Chris; foto geneem net voor hulle terug is Vrystaat toe.
Jan-Hendrik het 'n nuwe ding ontdek - borspomp; hy kyk dit eers mooi uit; druk al die knoppies; weet nie regtig wat dit is nie; hy vra ons maar; al wat hy weet is dat dit mamma "beter" maak...
Subscribe to:
Posts (Atom)