19.1.11

Kyk hoe mooi is ons oë..

Met niks om te doen die ander dag in die Spur het ons besluit om diep in mekaar se oë te kyk, en kyk net hoe pragtige is die orgaan. Volgende keer doen ons ander organe...

Hier is Jan-Hendrik; donkerste oë van almal; ook die moeilikste om af te neem, dus die bietjie blur...
-----------------------------------------------------------------------------
Jan-Hendrik se pa se oog (dis nou ek né)

-----------------------------------------------------------------------------
My pragtige vrou Marinda... die oog waarop ek verlief geraak het!! En om te dink sy het nog een!!

-----------------------------------------------------------------------------
Skoonsus Tania se oog; check die spikkels...

------------------------------------------------------------------------------
Oupa Jan se oog; Jan-Hendrik aard na hom lyk dit my...

------------------------------------------------------------------------------
Ouma Corrie se oog; effe bedonderd; of verbeel ek my?

-----------------------------------------------------------------------------
Andrew se oog; met wilde ooghare..

Ja, die oog is 'n mooi ding, en werklik 'n venster tot die siel.