22.1.11

Die Taverners kom kuier.

Neil en sy familie het Vrydagaand hier by ons kom kuier. Ons het alles en almal bespreek en Ja-Hendrik het meer as genoeg maatjies gehad om mee te speel. 'n Ding het gebeur wat nog nooit voorheen in ons huis gebeur het nie - Jan-Hendrik het halfpad deur die aand vir my kom sê dat hy moeg is ("Myemyemyemye...moeg"), en ek het hom geglo, want hulle het alles by ons huis herontdek; op hoë spoed.




Een van die maatjies het op 'n stadium besluit om eerder vir Jan-Hendrik weg te kruip. Ek het ook gedink dit is 'n goeie idee.


'n Heerlike aand saam met wonderlike mense!!!