14.1.11

Die pligte vervat in vaderskap..

So 'n paar dae gelede het Jan-Hendrik en die honde verdwyn. Net vir 'n minuut of twee; en ons ontdek toe 'n probleem. Ontmoet ons hek by die oprit.


Catch me if you can... Die gevare verskuil in hierdie probleem is ondenkbaar; want die straat is besig, dit is op 'n blinde draai; en tussen my en hom is 'n toe hek; en die remote is nie by my nie; en nog meer ondenkbaar is die gevaar dat die hek sou oopgaan as meneer besig is om daardeur te squeeeez.

Oplossing - drie dae se houtplanke afhaal (van die heining af teen die muur), size, saag, skaaf, gate boor in die staal hek (maak self die sommetjies - elke gat bestaan eintlik uit 'n 2mm pilot gat, gevolg deur 'n 4mm, gevolg deur 'n 6mm; 72 houte; elkeen 2 gate (bo en onder); en dan nog die twee gate in elke stuk hout; dus 'n breindood herhaling van ... 576!! Helfde daarvan staande; 'n kwart op 'n leer; 'n ongemaklike kwart daarvan op jou knieë of bukkend).

Halfpad... ek het vanmiddag laat daarmee klaar gemaak; sal later eindproduk fotos op die blog sit. Moet nog met die houtolie verf.

Gelukkig het ek die hele tyd goeie geselskap gehad.