19.1.11

Lekker in die Spur..

Lana se eerste keer in die Spur. Sy was nie baie beindruk nie. Die res van ons was heel plesierig; dit was weer goed om vir Andrew en vir Tanya in Nelspruit te he. Hulle is afterall die twee kleingoed se peet-ouers.


Marinda lyk goed na haar groot operasie en die min slaap. Ek dink sy is net so bly om bietjie uit te kom.

Ouma en Andrew is al weer op hulle stukke.

Almal kompeteer so bietjie om vir Lana vas te hou. Ons hoop dit is aansteeklik. Tanya lyk goed met 'n baby in die arms.

Oupa ook; bietjie bang hy maak haar seer. Met Jan-Hendrik in die huis is sy al amper alles gewoond...

Maar op daardie gegewe oomblik het Jan-Hendrik nie 'n moer omgegee nie...

Dit gaan goed by ons; ons is almal so bietjie agter met ons slaap - ek probeer saam met Jan-Hendrik op sy bed slaap, en Marinda slaap saam met Lana op ons bed. Gaan maar rof, maar ons sal seker ook daaraan gewoond raak.