11.1.11

Vriende kom kuier.

Die Mathysens is terug van vakansie af en het gister na kerk vir ons kom kuier (shame, die arme man was verplig om Castle te drink). Al die kleintjies saam in een huis; dan eers besef mens hoe vinnig hulle groei; ek het nog die hele tyd aan Jesica gedink as 'n "klein" babatjie.. Sy's nou al 'n stewige kind!!


Ouma hou vir Jan-Hendrik so bietjie besig met bubbles-blaas, maar eintlik is hy geïnteresseerd in die babas; MAL oor Jesica!! MAL oor Lana!!

Kyk hoe geniet hy dit!!