10.1.11

Een week oud

Ek kan nie glo tyd vlieg so vreeslik vinnig nie. Lana is nou al 'n week met ons (in die buitelug..), en sy is absoluut perfek; pragtig!! In pienk. Ek verstaan waar die "pienkvoet"-ding vandaan kom.



Wakker en geinteresseerd..

Saam met Ouma Hanna en Oupa Chris; foto geneem net voor hulle terug is Vrystaat toe.

Met hierdie kind gaan ons vreeslik pop speel; kyk hoe mooi is die klere!!

Jan-Hendrik het 'n nuwe ding ontdek - borspomp; hy kyk dit eers mooi uit; druk al die knoppies; weet nie regtig wat dit is nie; hy vra ons maar; al wat hy weet is dat dit mamma "beter" maak...


Ons probeer maar verduidelik; en hy maak maar of hy iets verstaan...

Sussa is vreeslik mooi; rustig.. swelling en vel uitslaggie so-te-sê weg. Pa se pragtige dogter!!

Ons was al een keer met haar winkels toe (sy het saam met my en Jan-Hendrik in die kar gebly); sy verdrink amper in die karstoeltjie (waarvoor Jan-Hendrik nou al hopeloos te groot is).

Ek kry die idee ons verveel ons kinders...

Saam met Ouma Corrie.

En Jan-Hendrik drink 'n lekker "dop"saam met Oupa Jan.