17.8.13

Kuier by Jan-hulle in Stellenbosch

Ons kuier altyd baie lekker in Stellenbosch want die plek is mos special. Dis asof wyndrink en gelukkig wees aangemoedig word deur die eeue van Kaapkultuur; en om op 'n wynlandgoed te woon maak alles so... aanvaarbaar...

Jan se tuin is pragtig. Alles het vreeslik baie gegroei sedert ons laas hier was (nie net sy dogters nie). Al die plante is groot. Sy plek lyk stukke beter as die bure s'n; en ek verstaan almal kom pluk nou proteas in sy tuin.


Tweede setperk op De Zalze - op Jan-hulle se agterstoep.

Oudergewoonte is daar baie musiek; en hierdie keer is dit Nelia. Sy speel baie mooi; en loop oor van entoesiasme.

Jan sal glo nog bietjie werk aan daai linkerhand...
Maar die strykhand lyk perfect.


Iemand kom nader gestap en toon intense belangstelling..

'n Groot oomblik. Sussa kry haar eerste vioolles. Dalk raak sy eendag famous...

So...?

Is dit reg so?
Ja Sussa, dis pragtig...