Met ons kersbesoek aan die skoonfamilie het ons die voorreg gehad om die drieling uit Bethlehem weer te sien - groot en gesond, selfs Annabellie se beentjie lyk mooi herstel (femur fraktuur so 4 weke gelede).


Hier is Marinda saam met (ek dink) Aninke..

Trotse Ouma en Oupa van 6!!!


Ek wonder... dalk is sy nog so bietjie broeis...



Jan-Hendrik en Tiaan hand om die nek; hulle jol mekaar stukkend!!

En Sussa is nog steeds mal oor Verushka.