26.12.11

Gholf op Potchefstroom

Die vakansie se laaste oomblikke; ek besluit ons moet darem 'n rondte gholf op Potch inkry. Ek het after all op hierdie stuk grond groot geword. Speelplek, swemplek, kuier, wegkruip, stap in die bos, kleilat speel; en later het ons BAIE gholf hier gespeel. Lekker plek.






Marinda is getof, colour coded en ready!!!
















Oudergewoonte het ek my dryf op die 8'e regs gestoot agter die hoë bome in. Bogey van die eerste moment af. Eintlik het ek nie omgegee om hier te lê nie... dit vat my terug baie jare.






Ou Danie van Vuuren het saam gespeel. Klomp birdies gemaak. Ek het hom laas op skool gesien. Niks verander nie; net ouer; ons almal is heelwat ouer...