Na 4 jaar se aan-en-af-in-die-aande-werk-op-die-rekenaar het ek uiteindelik die MSciMedSci graad in Stellenbosch gaan haal. Op 'n warm oggend, 'n baie lang gradeplegtigheid, warm toga, ens...
Oupa en Marinda was daar om darem vir my ook hande te klap.
Swart hemp, Jan se vreeslike lemmetjie groen en wit das... ek was nogal 'n prentjie. Kleurvolle draadjies op die tande om aan te pas by die das...
En hier is ek saam met Karen Brundyn van Pathcare en Prof Colleen Wright van Stellenbosch Universiteit. Goeie geselskap.
Na die tyd het al die nagraadse studente / graduandi 'n heerlike middagete geniet by Neethlingshof wynlandgoed.