23.10.10

Wildtuin vakansie Oktober 2010

Ek en die gesin was vir 'n paar aande wildtuin toe - by Olifants geslaap; die langste vakansie in die wildtuin vanaf ons Nelspruit toe gekom het; ons is net té gewoond daaraan om na kerk 'n draai in die wildtuin te gaan ry; ons het begin vergeet dis eintlik 'n vakansieplek. Olifantskamp is kleiner as wat ek kan onthou; pragtig privaat en skoon; en natuurlik met die beste uitsig in die wêreld.


Jan-Hendrik het dit ook vreeslik geniet; sy woordeskat het ook verbreed met al di enuwe diere wat hy ontmoet het.. die mense langs ons was mal oor die klein seuntjie wat so lekker gesels en gholf speel in die stof voor die huisie; self wil vuur maak; met die verkyker wil self kyk...


Een van daai special goed wat 'n pa vir sy laaitie kan leer - wildkyk; en hy was werklik baie geinteresseerd.

By Mopanie; hy en sy mooi ma..
en sy mooi pa..

En soooo baie olifante; grotes; kleintjies; rustiges; bedonderdes; pragtige olifante gesien.
Die vroegoggend drive was dalk té vroeg vir sommiges van ons..
En hy het ook sy eie fotos begin neem met die "kamema"..

Dankie tog daar is swembaddens in die wildtuin. want dit was vrek warm; ons het ons ritte beplan van swembad na swembad. Hier is sie swembad by Mopani.

En mannetjie is nie mal oor sem nie; hy's bang hy "val".
VERSKRIKLIK WARM; Kyk net..


Die noordelik edeel van die wildtuin het darem net die mooiste grootste bome; hier is 'n reuse en ou krimetartboom in die Mopanikamp.
En een van die grootste koorsbome wat ek nog ooit gesien het by Satara..
En ons het vrek baie Mopanibosse en -bome gesien verder Noord; maar dis baie droog in die wildtuin; alles is dood; die plek kort dringend reën.


Die uitsig by Olifants
Klipspringer by die Letabarivier
Sonsondergang naby Olifants
Sonopkoms by die kamp (06:15)
Bedags die pragtige volmaan..
Bateleur op die pad naby Satara. Ek moet sê ek het hierdie vakansie die eerste keer bietjie met die Sasol boek voëls gekyk, en ek het dit baie geniet; die verskeidenheid van spesies (as mens daarvoor soek) is baie interessant; mens worry nie meer oor of jy die leeu gaan sien of nie..
Breëkoparend in 'n boom naby aan Letaba.
Ek het selfs die verskillende spreeus baie geniet - hierdie is die "gewone" kleinglansspreeu (Cape glossy starling) ..

Bromvoël (Southern gtround-hornbill)

Rooivlerk spreeu (red-winged starling)

En dan al die mooiste wild - nyalas, olifante, leeus, ens. Ons het omtrent alles gesien behalwe luiperds, jagluiperds, wilde honde..








En die grootste olifante wat ek in jare gesien het...


Ons het 'n wonderlike tyd gehad; 'n dag vroeg terug gekeer Nelspruit toe; te warm in die wildtuin; kar se een wiel stukkend; en die krag het getrip by die huis (gelukkig het die sekuriteitsmense ons gebel). Uitgerus!! Nou het ek net die gholf toer en 'n paar spesiale wynproe geleenthede om na uit te sien!


18.10.10

Wynproe by Millerstr 13...

Een aand in September het ek en Marinda trots ons plekkie mooi gemaak vir my tweede wyngilde vergadering by ons huis. Die plek lyk pragtig en kyk net hoe mooi is die nuut-oorgedoende swembad met sy lig.
Ek het my ou-wyndrinker broers lekker uitgevang!! Dis baie moeilik om na vore te kom met nuwe temas - hierdie ouens het al alles gedrink; maar ek het daarin geslaag om hulle uit te vang. Ek het duermekaar Semillons en Viogniers aangebied; die konsensus opinie was dat dit Sauvignon blancs en Chardonnays was. Ek dink almal het dit as 'n akademiese oefening baie waardeer.
En ons het lekker gekuier na die tyd.

Sommiges van ons het effe blink gedrink gaan slaap. Maar nog steeds baie tevrede.

Kyk my geel Clivias!!

Dit help om vriende te he in die Clivia vereniging. Agt volwasse blommende geel Clivias gekoop vir R300. Baie spesiale plekkie in die tuin gekry vir hulle. Almal het pragtig geblom so 3 weke gelede, en ek sien almal van hulle begin sade vorm. Ek gaan ter wille van die ervaring met hierdie pitte die pad stap van uitdroog, oopmaak, skoonmaak, was, kerf, plant en beskerm. Ons kyk of ek hulle lewendig kan hou... Thanks Paul!!


36 and counting...

Dit was my verjaardag hierdie week; 36 jaar oud; verskriklik!! Maar ek mag nie kerm nie want ek het die beste van alles in die lewe. Hierdie was 'n baie vreemde en baie spesiale week vir my - ek het verjaar, die myners in Chile is almal veilig by die huis, maar 'n goeie vriend van my (Andre Venter; patoloog in Vereeniging) is skielik oorlede aan 'n beroerte op 54. Ek gaan hom regtig baie mis; hy was een van my idols (iemand soos wie ek graag sal wil wees op 54). Ai; daai knop in die keel kan party keer darem seer word...Die vriende het vir ons kom kuier Vrydag en ons het lekker heguier en gebraai; rugby gekyk (al ONS spanne het verloor; dammit); Jan-Hendrik kon nie vir klein Jessica uitlos nie; sy't dit nie regtig geniet nie; bietjie hardhandig en sy is maar baie klein. Sy lyk wragtag baie soos haar ouers...

Eerste dag by die skool; trane, trane ...

En toe gaan laai ek mos vir Han-Hendrik af vir sy eerste dag by die skool. Dis op hierdie stadium 8-12 uur elke dag; speelgroepie met 'n ontbyt en middagete, aktiviteite, bybelstudie, poppekas, ens. Wonderlike skooltjie minder as 'n kilometer van ons huis af. Hy het so bietjie gehuil die eerste dag; tweede dag was dit 'n geskop en geskreeu; derde dag het hy my arm vasgegryp en dit het gevoel of hy smeek; vierde dag heelwat beter; vyfde dag vrot van die snotsiekte. Hy was so siek (ek ook!!) dat ons hom nou vir week 2 uit die skool uit gehou het. Nou gaan ons met vakansie vir twee weke; dan begin ons maar van voor af in die begin van November. Kyk daai rooi ogies; in die veiligheid van sy eie huisie met pappa se hammer.
Week af siek; sit by die huis en kyk hoe pappa werk; verf die mure; installeer nuwe LCD TV..

Koekeloer!! Een van sy favourite speletjie op die oomblik; en om vir jou te gaan wys waar hy skelmpies agter die gordyn gaan poef het; hy is baie naby aan potty trained.





Naweek in Johannesburg

Marinda was vir 'n naweek lank op 'n kursus in Johannesburg wat gehandel oor gholfbeserings. Ek en Jan-Hendrik het vier groot take gehad. Ons moes gaan vliegtuie kyk (hy was mal daaroor; wou nie loop nie); Vliegtuie daai kant toe Pappa...
Ons was by die dieretuin (ek moet sê dit was nogal lekker; dieretuin baie mooi skoon; gesonde diere); al wat hy kan onthou is die ysbeer (nie gefotografeer nie)...


Hy was mal oor die pou. Ek moes 'n uur by die mak hoender staan...

En kyk hoe pragtig is hulle wit leeus. Een van die ander leeu couples het toe ook sommer hier teen die venster gepaar; julle moet sien hoe spring so 'n paar joodse mammies rond om hul 7-jariges te verduidelik wat te hel...

Ek het 'n plan B gehad sas hy hom nie wou gedra nie; ek is seker die leeu sou nie nee sê nie...
Nuwe maatjies; almal ewe stout...
Ek dog net ek neem fotos van renosters met horings voor die bliksems in Polokwane hierdie klomp ook kom vrek skiet; en dit vir een-of-ander chinaman se ereksie...
Die ander twee take was om die Ryder cup te kyk (viva Europa!!!); en ons moes soek vir 'n nuwe TV - ons koop toe LG 42" LCD teen 'n bargain. Heerlike naweek met my gesinnetjie. Dit gaan goed met sussie; sy groei mooi, en sy hou glo van 'n warm bad.

Nuwe kind; nuwe kamer...

Glo my - dis makliker om die kind te maak as om die kind se kamer te maak. Net nog 'n bou projek wat my verskeie naweke af van die gholfbaan gaan weg hou. Ek verdeel die TV kamer in twee deur die bou van 'n houtvloer. En ek word baie mooi gehelp deur Marindal die swanger handlanger. Sy kan verbasend swaar goed optel. Swangerskap is mos nie 'n siekte nie.
Die struktuur is klaar gebou. Nou wag net die vloerplanke slaan, verf, skirtings, elektrisiteit, ligte, plafonne, en al die ander onvoorsiene goed en goed wat ek sal moet oor doen omdat ek met die oog skat en nie regtig meet nie.

Behoort 'n pragtige kamer te wees. Dalk later 'n studeerkamerer / biblioteek met 'n lang boekrak aan die regter kant. O ja, en ek sal 'n venster moet insit...





20.9.10

Dis 'n wonderlike tyd in die Laeveld. Die Clivias blom. Ons was onlangs by die Laeveld Cliviaskou, en ek het vir ons pragtige geel Clivias gekoop by Paul Kloeck (8 plante vir net R300). Hulle het ook die laaste paar dae begin blom en hulle lyk pragtig!! Ek sal môre fotos van hulle neem (ons het hulle vandag eers uitgeplant).
Die twee mooiste blomme in ons huis - Jan-Hendrik en sy Mamma by die swing.

Ek en die res van die family. Ons vergeet soms van ons ander kinders...