Glo my - dis makliker om die kind te maak as om die kind se kamer te maak. Net nog 'n bou projek wat my verskeie naweke af van die gholfbaan gaan weg hou.
Ek verdeel die TV kamer in twee deur die bou van 'n houtvloer. En ek word baie mooi gehelp deur Marindal die swanger handlanger. Sy kan verbasend swaar goed optel. Swangerskap is mos nie 'n siekte nie.
Die struktuur is klaar gebou. Nou wag net die vloerplanke slaan, verf, skirtings, elektrisiteit, ligte, plafonne, en al die ander onvoorsiene goed en goed wat ek sal moet oor doen omdat ek met die oog skat en nie regtig meet nie.
Behoort 'n pragtige kamer te wees. Dalk later 'n studeerkamerer / biblioteek met 'n lang boekrak aan die regter kant. O ja, en ek sal 'n venster moet insit...