Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
18.10.10
Wynproe by Millerstr 13...
Een aand in September het ek en Marinda trots ons plekkie mooi gemaak vir my tweede wyngilde vergadering by ons huis. Die plek lyk pragtig en kyk net hoe mooi is die nuut-oorgedoende swembad met sy lig.
Ek het my ou-wyndrinker broers lekker uitgevang!! Dis baie moeilik om na vore te kom met nuwe temas - hierdie ouens het al alles gedrink; maar ek het daarin geslaag om hulle uit te vang. Ek het duermekaar Semillons en Viogniers aangebied; die konsensus opinie was dat dit Sauvignon blancs en Chardonnays was. Ek dink almal het dit as 'n akademiese oefening baie waardeer.