Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
18.10.10
36 and counting...
Dit was my verjaardag hierdie week; 36 jaar oud; verskriklik!! Maar ek mag nie kerm nie want ek het die beste van alles in die lewe. Hierdie was 'n baie vreemde en baie spesiale week vir my - ek het verjaar, die myners in Chile is almal veilig by die huis, maar 'n goeie vriend van my (Andre Venter; patoloog in Vereeniging) is skielik oorlede aan 'n beroerte op 54. Ek gaan hom regtig baie mis; hy was een van my idols (iemand soos wie ek graag sal wil wees op 54). Ai; daai knop in die keel kan party keer darem seer word...
Die vriende het vir ons kom kuier Vrydag en ons het lekker heguier en gebraai; rugby gekyk (al ONS spanne het verloor; dammit); Jan-Hendrik kon nie vir klein Jessica uitlos nie; sy't dit nie regtig geniet nie; bietjie hardhandig en sy is maar baie klein. Sy lyk wragtag baie soos haar ouers...