Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
18.10.10
Naweek in Johannesburg
Marinda was vir 'n naweek lank op 'n kursus in Johannesburg wat gehandel oor gholfbeserings. Ek en Jan-Hendrik het vier groot take gehad. Ons moes gaan vliegtuie kyk (hy was mal daaroor; wou nie loop nie);
Vliegtuie daai kant toe Pappa...
Ons was by die dieretuin (ek moet sê dit was nogal lekker; dieretuin baie mooi skoon; gesonde diere); al wat hy kan onthou is die ysbeer (nie gefotografeer nie)...

Hy was mal oor die pou. Ek moes 'n uur by die mak hoender staan...
En kyk hoe pragtig is hulle wit leeus. Een van die ander leeu couples het toe ook sommer hier teen die venster gepaar; julle moet sien hoe spring so 'n paar joodse mammies rond om hul 7-jariges te verduidelik wat te hel...