Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
18.10.10
Eerste dag by die skool; trane, trane ...
En toe gaan laai ek mos vir Han-Hendrik af vir sy eerste dag by die skool. Dis op hierdie stadium 8-12 uur elke dag; speelgroepie met 'n ontbyt en middagete, aktiviteite, bybelstudie, poppekas, ens. Wonderlike skooltjie minder as 'n kilometer van ons huis af. Hy het so bietjie gehuil die eerste dag; tweede dag was dit 'n geskop en geskreeu; derde dag het hy my arm vasgegryp en dit het gevoel of hy smeek; vierde dag heelwat beter; vyfde dag vrot van die snotsiekte. Hy was so siek (ek ook!!) dat ons hom nou vir week 2 uit die skool uit gehou het. Nou gaan ons met vakansie vir twee weke; dan begin ons maar van voor af in die begin van November.
Kyk daai rooi ogies; in die veiligheid van sy eie huisie met pappa se hammer.