| Ons huurhuis op die hoek. Ek is seker ons gaan eendag terugkyk na hierdie huis en ook dalk 'n knop in die keel kry... |
| Die straat af na die Blue Bend strand. |
| Ek dink hy hou die bal soos 'n losskakel... |
| Sussa is soos haar Ma - sy kry vinnig koud. |
| Pragtige Saterdagoggend - pragtige sonskyn en wolkloos. Min sou ons weet dat die res van die dag mislik en erg winderig sou wees. |
| Maar dis pragtig hier op die strand by Blue Bend. Almal stap met hul kinders en honde, almal vriendelik en beleefd. |
| Vir 'n kind met lewenslus en 'n verbeelding is dit 'n fantastiese plek. |
| Ek dink die gesinnetjie begin nou tuis voel hier by die see. Almal lyk gelukkig. |