En hy ken al die roetiene: vel nat maak, skeerseep in hande vryf, skuim maak, "wit baard maak", skeer die kante, skeer die nekkie, skeer die snorretjie..
Mooi skoon geskeer! Nou kan die dag begin!! Nou nog net vlos (ek doen dit so min; dalk spel mens dit met 'n "f"), tande borsel, "uitspoeg" (mondspoel), stort, plassie maak vir bootjies, was met seep, hare was, afspoel, afdroog ("wil self!!"), nuwe doek aansit, self nuwe klere kies, klere aantrek, en nog 'n klomp goed...
Ek is deesdae gereeld laat vir werk.