Die môre stond lê goud in die mond!! So het ek en Jan-Hendrik die voorlaaste oggend by die see net weer besef toe ons 'n lang ent gaan stap het op die strand. Net ek en hy - en die son, see, natuur, Skepping, Skepper. Almal was daar!
En ek is seker dat hy dit ook op een of ander vlak so ervaar het. Kyk daai gesiggie!
Ja my seun; daar kom die son!!
Noord is Balito..
Suid is Durban..
En tussenin is daar orals mense wat probeer om 'n lewe te maak; mense besig met hul eie dingetjies; mense wat dink hulle is alleen... Mens is nooit alleen nie.
Iemand, of iets hou jou die hele tyd dop.
Ons het seker twee kilometers ver gestap; eers Noord, toe omgedraai, toe Suid, toe terug gedraai en 'n draai deur die dorp gestap. Ons beide met ons growwe kaal pote.
Myne groot, syne klein; so saam-saam al langs die strand af. Hier en daar spoel die see dit weg, maar as jy terugkyk is daar orals nog oorblywende spore sigbaar. En ons maak ook die hele tyd nuwes; so saam-saam.
WAT 'n ONGELOOFLIKE VOORREG!!!!!
Toe, skielik, beide moeg en honger..
Voete se sand afgespoel; terug flat toe vir ontbyt.
En ons het vir Sussa alles gaan vertel wat ons gesien het.
Mens wens soms dat die tyd net so bietjie langer moet stilstaan!