Nog nooit gedink 'n boomslang is nie groen nie...
Die groen mamba is wel groen, maar die swart mamba is nie swart nie...
En kleurvolle paddatjies was nog altyd daarvoor bekend dat hulle manne se einde kan beteken...
Die mooiste slang in die versameling. Die Gaboenadder. Ek dink dié was die aanvanklike slang in die Adam en Eva verhaal... Lyk ook sommer dodelik!
Mooi Taratula (of so iets..). Dodelik!! Nie giftig nie, maar dit kan jou 'n hartaanval of fatale rektale bloeding gee...
Die Spur was langsaan; en hulle verkoop die grootste 350g T-bone steaks in die wêreld. Toe hê ons twee... Jan-Hendrik het al die swart kiddies op die Spur-trampoelien geleer om te tel in Afrikaans. Very funny!!