My blog is so bietjie agter. Hier is die fotos wat geneem is op die eerste dag van ons gholftoer - Johannesburg Country Club. Pragtige baan, maar ongelukkig het die gholfdag uitgereën.
'n Baie indrukwekkende klubhuis..
Kleinboet Andrew in 'n pikante blou en oranje. Medi-clinic se nuwe branding kleure (...!).
Die kakpraat 4-bal van die dag - Theo Stronkhorst, Fanie Fourie, Philip Goosen en Sias Willemse.
Look and learn!!
Andrew in volle vaart...
Unfortunately...
Toe word ons mos geforseer om te drink tot die son onder is..
En die manne praat of hulle mekaar al 'n leeftyd ken. Ouboet Jan en Kleinboet andrew het ook saam getoer. Jan en Mel Stronkhorst sorteer die land se probleme uit oor een dop. Ongelooflik!!
Die kuier het verskuif na Andrew se nuwe huis by Midstream. Arme Tanya moet maar net saamspeel. Dankie Tanya!!
Van die drie lyk ek die oudste... Wat 'n groot voorreg om saam met jou broers op 'n gholftoer te gaan. Bietjie van 'n uitdaging ook...
Iets filosofies... Fanie is 'n treat. Veral na 'n paar dubbels... Die "stoutste skoolkind" wat my ma ooit help grootmaak het.