Gedurende die gholftoer bly ons by Zebula. Uitstekende fasiliteite. Twee (eintlik 4) groot huis gehuur. Twee swembad-grootte borrelbaddens; drank en stories oorvloedig!
Eerste dag speel ek saam met Alex en die Swanepoel-huursoldate.. What a game!!
AJS = Andrew J. Swanepoel (soos sy naam verskyk op sy artikels).
Die manne is "dressed to kill". Spot the branded logos...
Jan net voor impak!! Woes!! Ek het soortgelyke fotos van hom toe ons kinders was. Die wilskrag is nog steeds dieselfde.
Short game soos Seve...
Fanie reken hy het een of twee puts gemis weens die lekker gekuier die aand voor die tyd, en hy blameer Andrew daarvoor (lyk dit vir my).
Groot kuier na die groot gholf-inspanning.
Andrew en Sias Willemse groot gabbas. Eintlik was Andrew groot gabbas met almal. Sy social IQ hoort in die Guiness book of records.
HIER was ons slim - ons het iemand gereël om vir ons te braai. Langer kuier sonder enige pligte!!
Soos Andrew sê - "Another tough day in Africa!!"