17.11.11

Gholftoer - Elements

Wat 'n fantastiese baan!! Ek het Elements baie geniet, en ook my beste telling van die week hier gespeel, maar ek het ongelukkig ook my pitching wedge se shaft mors af gebreek weens woede. Ek en die pro shop mannetjie het so bietjie vasgesit... Mens het nie 'n wedge nodig nie. 'n 9-yster werk net so goed!






Ontbyt voor die tyd.






DIS mos hoe 'n gholfbaan moet lyk!!!
















Bia en Piet Scheepers diep in gesprek voor hulle skoene gaan aantrek vir die dag se gholf.









Attie werk aan sy eagle puts...








Die keer is dit Andrew en Werner Pakendorf wat groot buddies is. Ken mekaar al jarrre...

















Attie toor daai right-to-lefter uit soos 'n ware pro...







Fanie slaan hom (meeste van die tyd) van links-na-regs. Darem altyd van hier-na-daar...















DW launch 'n grote... Die nou fairways was egter nie in sy guns nie...








Na die tyd kuier ons lekker saam met die manne van Investec wat op hul eie gesorg het vir so bietjie kleur...







Ons sit en rugby kyk by die klub na die game. Andrew is baie toepaslik geklee in Gucci of iets soortgelyks.








Dit lyk tog of Jan ook die toer baie geniet het...Van 'n Kapernaar word darem verwag om wyn te drink... al toer hy in Bloubul country...








Die kampioen van die week (ekke) het die inhoud van die spaarvark gewen, maar ek moes ook al die drinks van die week betaal. Die twee rekeninge het mekaar mooi uitgekanselleer...





En so gaan die son onder oor 'n heerlike paar dae saam met die manne. Gholftoer is vir almal een van die hoogtepunte van die jaar!!! Kan nie wag vir gholftoer 2012 nie!!!