17.11.11

Gholftoer - Euphoria

Dag 3 van die toer - Euphoria naby Naboomspruit. Die baan is uitstekend ontwerp, maar toe ons daar was, was die baan nie baie goed versorg nie. Dit is 'n uitstekende ontwikkeling, en ek het verneem dat dit onlangs oorgekoop is deur 'n groot hotelgroep. Ek hoop hulle gee 'n bietjie meer aandag aan die baan se versorging. Ek het nie baie van die baan gehou nie; dit was te moeilik vir my. Op hierdie baan is mens die hele tyd in die sand.







Nic Visagie - in die sand...






Werner Pakendorf - in die sand...








Ek - amper in die sand...








Op hierdie fotos lyk dit of ek 'n goeie gholfer is. Ten minste het ek al die moves...

















Werner - die foto wat ek Laevelder toe wou stuur, maar toe keer Marinda my.









Sias - in die sand...








Sias - weer in die sand...








Werner - in een-of-ander moeilikheid...








En Sias arriveer op die laaste green om die wenset in te sit... En so verloor ek R100...








Na die game - almal ontspan lekker op die stoep, met 'n paar koue doppe.








Die stories wat vertel word... grootliks besigheid en/of kakpraat. Eks ukkel soms om die twee van mekaar te onderskei...


















Die aand hou ons prysuitdeling weer by Zebula, maar dié keer by die lapa by die vliegveld.









Dieselfde man braai weer vir ons die vleis. Beter diens kan mens nêrens kry nie.








My boeties!!