Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
11.9.11
Kuier in Potch - Pa Jan se uittree simposium
Hierdie fotos is geneem so 'n maand gelede met my Pa se aftree simposium in Potchefstroom. Al die seuns was daar, asook heelwat van my Pa se lokale en internasionale kollegas. Soos die gewoonte in ons huis nog al die jare was, het Andrew al die werk gedoen (soos bv. braai). Ek het hom maar min gehelp, want (glo ek) mens verander nie aan tradisies wat werk nie.

Andrew, Tanya, Oom Paul en tannie Mia Janssen.
Simos (oorle Victor se vriend) en David Mason; in ligte luim...
Oom Freek Lombard en Francois van Graan.
Die jong manne van die departement.