Dit was so drie weke gelede - die Lente was so-te-sê hier, toe 'n skielike koue front en reënweer 'n lekker dik laag sneeu op die berge laat val het. Die hele Nelspruit het gaan kyk, sneeumanne gebou en mekaar met sneeuballe gegooi.
Ons was natuurlik ook daar. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek sneeu gesien het nie; jare gelede...
Boeta was nie baie impress nie. Sneeu is verbasend koud, en nat...
Die uitdrukking op Sussa se gesiggie was ook een van absolute verbasing, "Wat de ... is daai wit koue goed?"
Jan-Hendrik verlang na die binnekant van die kar, waar dit lekker warm is...
Ek het net weer besef hoe mooi die area is waarin ons woon. Hierdie pragtige uitkyk is presies 'n halfuur van ons huis af; 7 grade kouer as in Nelspruit.
Na ons blitsbesoekie aan die Alpe het ons 'n middagete by Misty Mountains gaan geniet. Dis wonderlike tye so saam met die mense vir wie jy die liefste is in die lewe.
My pragtige groot seun op wie ek so trots is!!!
Die twee pragtige vroumense in my lewe!!!
Jan-Hendrik en ek verwys hier na twee verskillende begrippe, hoop ek...