11.9.11

Jan-Hendrik word 3!!!

1 September 2011 - dit was 'n deurmekaar dag... Ek het die kongres in JHB gaan bywoon. Hy het sy eerste kersies uitgeblaas in die hotel se restaurant, waarna hy, sy ma en sy sussie Virginia toe gery het nadat hulle Ma Corrie in Potch opgetel het, en daar het hy 'n partytjie gehad saam met die familie. En die kamera was pap, so ek het net hierdie een foto van die geleentheid; ten minste is dit 'n goeie foto!!