Skielik, doer voor ons breek iets die ligte van die kar voor my (seker so 200m voor ons in die pad); ek dink dis niks, seker net rooibokke wat oor die pad hardloop. Toe ons daar kom 20 sekondes later sien ons die volgende; kyk na die fotos. Die bokkie het nog 'n kreun geluid gemaak en die een poot het nog so 'n skop of twee gegee.
Eerste ding wat ek sien is dat hierdie (alleen) wilde hond die bokkie se buik oop ruk asof dit papier is; ruk al die binnegoed (derms, lewer, ens.) met een beweging uit en begin waansinnig aan die sagte vleis van die lieste en onder die ribbetjies vreet; dat jy letterlik net bloed sien spat; ek kon sweer daar was nog 'n pols in die stukkende bloedvate).
Die wilde hond het die hele tyd senuwee-agtig rond gekyk (ek sou later verstaan hoekom), maar hy het letterlik in drie minute al die vleis aan die bokkie heel ingesluk. Hy was bloed tot letterlik agter die ore.
Dit het alles aan die linker kant van die kar langs die pad gebeur; toe sleep hy die dooie bok oor die pad na regs, vat nog twee happe, en verdwyn teen hoë spoed die bosse in. Ons het alles gesien, en ons was die hele tyd alleen. Eers heel aan die einde het 'n tweede kar ook daar aangekom.
Die mense voor ons (Norma Crampton, Wendy Swanepoel-hulle) het niks gesien nie, maar ek skat dit moes minder as 10m agter hulle kar gebeur het. So werk die luck in die wildtuin; dié keer was ons net vrek gelukkig. By verre die beste sighting wat ek en Marinda nog ooit in die wildtuin gehad het.
Dit het alles (ongelukkig) reg voor Jan-Hendrik gebeur; en sy venster was oop - so al daai klanke, vars bloed reuk, laaste kreun-en-steun geluide is deur sy jong breintjie geprosesseer. Ons het vir ure lank vir hom vertel waaroor dit eintlik gaan, en ek dink hy verstaan.
Ek was net weer hiper bewus van die natuur se moeilik-om-te-verstaan manier, voedselketting, "savagery", en hoe vinning 'n organisme se fisiese integriteit kan verdwyn.
Geniet hierdie fotos; ek dink nie ons gaan dit gou weer sien nie!!
Skaars twee kilometers op met die pad; hiënas... die wilde hond se senuwee-agtigheid was heeltemal geregverdig. Die "cleaners" is oppad; hy staan nie 'n kans teen hulle krag nie.
Die res van die dag het ons baie mooi wild gesien - olifante, seekoeie, baie koedoes, ens.
Vars gevangde vis op die dam se wal; mens wonder waar die vanger van die vis sit en wag vir sy kans om die vangs te kom nuttig.
Mannetjie ook verbaas oor alles way hy in een oggend (eintlik in twee ure) gesien het. Julle sal merk dat hy nou al twee dae lank dieselfde klere dra...
Een bobbejaan...
Twee bobbejane...
(met 'n moerse diep gat teen die kop wat hy teen een van die cosmetics counters in Mopani apteek opgedoen het; die wond ooze nou al drie dae lank; ons moes seker maar laat steke insit het, maar ek het darem oor die jare geleer dat die liggaam homself beter genees as enige algemene praktisyn daar buite; mens hoed nie altyd te treat nie; Mopani is so bang ons dagvaar hulle; maar ek dink tog 'n plek soos daardie moet nie oop skerp glasrakke hê nie; dit kon sy oog gewees het...)
Derde bobbejaan; grootliks onbewus van wat rondom haar gebeur het vanoggend.
Ek moes kom werk gistermiddag en vandag (Maandagoggend). Die family is nog saam met die Meyers in Skukuza. Ek gaan nou-nou weer by hulle aansluit.
Oppad uit gistermiddag het ek tussen Skukuza en Phabeni 'n pragtige groot luiperd mannetjie gesien langs die pad, maar ek het die kameras by Marinda gelos, en my foon was pap. Ek kon geen bewys kry nie. Maak nie saak nie - ek het dit baie geniet om vir 'n verandering net na die pragtigste dier in Afrika te sit en kyk.