28.12.11

Stop-over in Potch

Oppad terug Nelspruit toe het ons op Kersdag gou by Oupa Jan en Ouma Corrie gaan kuier. Ouma is so effens ongelukkig omdat JH nie daar was nie, maar ons het goeie tyd met Sussa gespandeer. Sy is mal oor Oupa!!!






Speel met oorgawe

Boeta doen alles 100%, met oorgawe!!!















Uiteput pass hy uit op die mat voor die TV, en so het ons hom gegroet voor ons hom vir 'n week alleen gelos het by Ouma en Oupa in Virginia. My hart het gebreek...

Sussa en die kersgeskenke

Sussa het vinniger groot geword as wat ek verwag het. Die skreeuende baba het in die pragtigste dogtertjie verander, en sy laat my hart smelt as sy na my kyk, effens skaam glimlag en my roep met 'n "Pappa..." en haar vingertjie vir my wys. Sy speel met haar eie geskenke, en sommer ook die ander se geskenke ook.






















"Kyk Pappa... no hands!!!"










En sy geniet dit vreeslik om saam met Oupa op sy fiets te gaan ry. Ek is bietjie bang daarvoor, maar Oupa vat dit baie rustig en stadig. Ek dink hy geniet dit net so baie soos sy..







Skoonma se hase

Ouma het 'n paar mak hase in die tuin. Een van hulle is baie vriendelik met Jan-Hendrik en kom eet uit sy hande uit. Ek is so bietjie bang vir slange in Ouma se back yard, maar die hase raak net meer en meer. Daar is 4 babatjies, en hulle lyk gesond.














"So!!!" sê hy... "So moet sy ore staan!!! Hy's mos 'n hasie".

27.12.11

Kersfees 2011

Kersfees in Virginia - tradisioneel gevier met heelwat kos, goeie geselskap, baie kinders, baie geskenke, en Kersvader (Oupa Wes) was ook daar. Groot voorreg om die 4 geslagte in dieselfde huis te hê!!!











"Ek sê vir jou..." en dan volg een-of-ander wonderlike storie uit die 50's.










Kyk hoe geniet die twee mekaar se geselskap!!!
















Sommige mense het mooi tande, ander het aaklige tande...
















Kersvader en 'n Afrikaanse engeltjie.











Baie geskenke word uitgedeel, baie papier word af van geskenke af geskeer, groot gemors!!! Baie vreugde!!!











En Boeta se gunsteling speelding is Conraad-hulle se pyl en boog!! En hy is goed daarmee!!


Nog 'n wonderlike Kersfees saam met die family!!


Drieling!!

Met ons kersbesoek aan die skoonfamilie het ons die voorreg gehad om die drieling uit Bethlehem weer te sien - groot en gesond, selfs Annabellie se beentjie lyk mooi herstel (femur fraktuur so 4 weke gelede).






Hier is Marinda saam met (ek dink) Aninke..




Trotse Ouma en Oupa van 6!!!










Ek wonder... dalk is sy nog so bietjie broeis...

















Jan-Hendrik en Tiaan hand om die nek; hulle jol mekaar stukkend!!





En Sussa is nog steeds mal oor Verushka.



Pragtige gesiggies!!

Die mooiste gesin in die wêreld. Lucky me!!!












26.12.11

As dit reën in Nelspruit

Vir my is ons tuin op sy mooiste wanneer dit net klaar gereën het. Die bome se takke hang laag weens al die druppels in die blare. Dis nog steeds baie humied, maar die temperatuur is bietjie meer hanteerbaar. In hierdie weer, as ek groen was, sou ek ook net wou groei!


















Marinda het baie tyd in die tuin gespandeer oor die laaste twee maande en die plek lyk pragtig. Die clivias is mooi deur die tuin versprei en baie van die bosse is so bietjie uitgedun.