Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
26.12.11
Boeta se nuwe badkamer!!
Hy kyk skepties na sy eie badkamer - alles lyk reg en groot genoeg; Pappa is tevrede met die plumbing (meeste daarvan self gedoen)...

Die vreugdes van die seisoen
Klim en klouter
Kindermusiek se Kersboom
Gholf op Potchefstroom
Die vakansie se laaste oomblikke; ek besluit ons moet darem 'n rondte gholf op Potch inkry. Ek het after all op hierdie stuk grond groot geword. Speelplek, swemplek, kuier, wegkruip, stap in die bos, kleilat speel; en later het ons BAIE gholf hier gespeel. Lekker plek.

Vlieg terug Lanseria toe
Graadvang by die Universiteit van Stellenbosch
Na 4 jaar se aan-en-af-in-die-aande-werk-op-die-rekenaar het ek uiteindelik die MSciMedSci graad in Stellenbosch gaan haal. Op 'n warm oggend, 'n baie lang gradeplegtigheid, warm toga, ens...

Lana en die koue Kaapse see!!
Met Jan-Hendrik veilig by Ouma in Stellenbosch het ons vir Lana gevat vir haar eerste ontmoeting met die see. En daar is geen beter plek as Bloubergstrand vir dié doel nie. Mens kon die vreugde in haar gesig sien, maar mens kon ook sien hoe blerrie koud die water is. Die skok was duidelik.

Subscribe to:
Posts (Atom)