19.7.14

Wynproe op 'n bou site

My beurt om 'n proe vir die Tea Club aan te bied. Ek het besluit om dit sommer op die bou site aan te bied sonder krag en water. Ek het iemand gekry om die catering te doen. Alles het pragtig uitgewerk.

My gaste was JD Deetlefs (Kaap kollega) en Jan Swanepoel (Narkotiseur)


Interessante droee humor bydra gemaak.




Die proe was gebasseerd op die Beyerskloof Faith (Cape blend) en die Diesel Pinotage - twee uitstekende wyne wat ek al lank bewaar vir 'n spesiale geleentheid.


Huisbou 13

Hierdie fotos is geneem op 'n naweek. Ons het so bietjie by die Belge gaan spog met ons pragtige nuwe huis (wat nog ver van klaar af was op hierdie stadium).

Van die vensters was al in op hierdie stadium, en hulle het al hier-en-daar begin verf.


Hier het hulle begin om die fondasies vir die dek se pilare te bou. Bietjie van 'n over-kill dink ek. Ten minste gaan die dek nerens heen nie..


Die huis het 'n redelike indrukwekkende voorkant, maar nou (lank nadat alles klaar is) besef mens hoe belangrik dit was om die dekke te bou.

Die Belge sien Oos-Londen

Fotos ook erens in Februarie geneem toe Oom Noel en Paul vir ons kom kuier het ("navorsing").

Lana het 'n vreeslike liking in Oom Paul gevang. Wou hom nie alleen los nie!

Breakfast with a view

Hierdie fotos is geneem nadat Andrew en sy gesinnetjie reeds weg is. Ek en my kroos het saam met Oupa en Ouma by die restaurant op die hoofstrand gaan ontbyt eet.

Die plek het asemrowende uitsig oor die see. Die kos is ook glad nie sleg nie.


Voel of mens met vakansie is...

Sy is darem wragtag 'n spesiale kind..

En hy hou van geweld... regte seuntjie..




JW (en ander belangrike mense) op die strand

Min dae in Oos-Londen het nie wind nie, maar ons het 'n buitengewone winderige dag gekies om die hele familie strand toe te neem.
Lana kruip weg op haar pragtige manier.

Tussen Jan-Hendrik en JW staan Oupa bont om hulle veilig te probeer hou, maar hier gaan niks met hulle gebeur nie. Hulle moet net nie surf of smoke nie...




Ou grapkas. Die kind het vreeslik baie energie.

Ek's jaloers op fotogeniese mense.


Nou waar kom hierdie wind nou vandaan, ou Pieta?



Spog met iets wat nie klaar is nie...

Hierdie fotos is geneem so 3 weke voor ons veronderstel was om in te trek (yeah right...). Andrew-hulle en my Pa-hulle het kom kuier; ek het sommer my pel Andre ook uitgenooi vir 'n gebruiklike Vrydagmiddag kuier op die bou site.


Tallis was ook daar. Vol beloftes oor betyds klaarmaak...
Yeah right, se ek weer...

Hier was klein JW al reeds 'n woelige handvol. Hy en Lana is groot pelle. Jan-Hendrik is dalk bietjie te groot..


Die bubbly het gevloei.


Cleaning up the Old Lady

Ek het teen 'n bargain prys 'n stokou klavier gekoop. As my inligting korrek is was dit die foyer klavier van die Osner hotel in die 30's; daarna die geliefde eiendom van 'n paar musiekonderwyseresse in die dorp. Ek het hierdie fotos opgelaai in Julie en besef die klavier se opknap is nog nie naby aan klaar nie. Ten minste lyk dit al heelwat beter.



Die oudste datums wat ek op van die klawers kan sien is 1932.. Kan mens dit glo?


Huisbou 12

Fotos geneem in Februarie. Die huisbouproses was goed aan die gang, maar obviously agter. Hulle was omtrent twee maande laat. Bliksems! Met hierdie projek het ek geleer dat my huwelik solid is, en dat niks tussen ons sal kom nie; veral nie 'n paar miljoen en 'n bou company nie.

Ek het hierdie foto nie eers herken nie - dis die Ooste kant van die huis, hier nog sonder die trappe.



Die gas, water en krag konneksies waar die kombuis se eiland later gebou is. Lana gebruik dit soos 'n mikrofoon en sing 'n liedjie wat ook nog nie bestaan nie.