17.8.13

Waterford Wine Estate

Wynproe by Waterford (begin Augustus); naby Stellenbosch, verder met die pad af agter verby Blauklippen. http://www.waterfordestate.co.za/. Wyne glad nie goedkoop nie, en ek verstaan hoekom. Dis heerlik.

What a nice place. Heerlike begeleide proe gehad met rooiwyn-chocolate pairing. 


En plek vir die kinders om op die grasperke te speel.


My girls..




Hulle deel 'n grappie wat grootmense nie sal verstaan nie.

Die Swanepoels by die Twee Oseane akwarium.

Die kinders sien al lankal hierna uit. Ons besoek die akwarium by die V&A waterfront in Kaapstad tydens die Patologie kongres.
Ja, dis reg, ek skip 'n sessie... Wie wil vir Tim Noaeks luister?
Mos nie 'n Patoloog nie... (hoe dink die mense?)

Eet net gou ontbyt voor die akwarium oop maak om 09:00

En by die venster uit sien ek die weelde wat van Kaapstad 'n weird plek maak.



Kyk Pappa, vissies...

Hey... en daar is Nemo!!!

As mens kyk na die fantastiese skepsels in hierdie plek kan mens nie help om te dink dat die Here homself geniet het tydens die skepping. Daar is werklik iets van elke shape en form, kleur en geur, aard en vaart...

En hierdie goed is heelwat groter as wat ek ooit gedink het. Seker 2 meter lank. En hy lyk nie baie vriendelik nie...

Kyk net na al die detail op die skulp. Ek kan net dink hoeveel detail daar is onder 'n mikroskoop.

Ou Boeta... hoe gaan dit voel as hy jou gryp aan die coco nuts?

'n Eensame nat voël...

My life is complete!!!

Die hoogtepunt in Boeta se dag... 'n Raggie!!!

Kyk hoe smile die een vir ons!!

En so begin ons bou...

Uiteindelik begin ons beweeg met die huisbou projek. Die erf word verbasend maklik gelyk gemaak (of ten minste minder skuins); en ons kom met 'n skok agter dat die plan (wat reeds ingedien en goedgekeur is) glad nie werk nie. Die bouers verstaan nie die ontwerpers se vlakke nie. Ek ook nie. Ons besef ons moet die garage skuif. En toe neem ons die besluit om die boom te verloor. Dit was 'n hartseer oomblik, maar ons kon niks anders doen nie. Hierdie is die laaste foto van die boom waarop ek verlief geraak het. Ek het onderneem om hom te vervang met tien nuwe bome onder in die erf.

Alan (links) is die master builder. Sy insig en praktiese oplossings laat my dink dat die ontwerpers heelwat van my tyd en geld gemors het...

En die hele erf is vol hope grond. Dit lyk soos 'n mielieland in Belgie tydens die eerste wereldoorlog...
Maar ek is tog opgewonde oor die idee om my eie huis te bou.
Ek hoop net ek kan die lening bekostig. Sal maar sien...

Fancourt - Outeniqua

Tweede dag se heerlike gholf op die Outeniqua baan. Kinders op di egholfkarretjie; baan leeg; perfekte weer.

Die perfekte plek vir 'n ou met 'n kamera.

'n Baan met baie water.

En 'n baan met baie geld.
Hier bly manne wat groot speel.


Selfs Lana wil probeer speel, maar gholfstokke kom nie in haar size nie.
Wag net my skat; Pappa sal vir jou koop.

Mamma jaag met mening nog 'n dryf ver in die fairway af.



Fancourt - Montagu

Blits naweek saam met Andrew by Fancourt. Hy speel by Oubaai. Ons speel by Fancourt. Dit is 'n fantastiese plek. Ek wens net ek kon beter gespeel het...

Approach op die 18'e fairway voor die eenheid waar ons bly.

My pragtige vrou!!!

Die sitkamer waar ons en Andrew tot baie laat gekuier het. Andrew het op 'n stadium in sy onderbroek op die tafel gedans; maar ons brei nie verder uit nie... What happens at Fancourt stays at Fancourt...

Begin van die eerste dag se gholf - tee-off op Montagu.

Ek sien al jare daarna uit om op Fancourt te speel. My laaitie het my voorgespring deur 'n dryf tussen die mense in te slaan op die fairway. Ek moet erken, met 'n heelwat beter swing as ek.

Ek en Jan-Hendrik speel solank terwyl Marinda gou met die gholfkarretjie terug gery het huis toe om Lana se doek te gaan ruil (op die 2'e)

Enige gholfer se droom; gholf hemel...


En almal slaap lekker daardie aand na ure in die son. 'n Goeie lewe...

Klink 'n glasie op ons nuwe erf!!!

Die erf is uiteindelik ons s'n (Mei 2013). Ons kom klink 'n glasie op die begin van 'n nuwe lewe.


Sussa het self 'n glasie met bietjie Coke.

Mamma en haar prinses.

Die koningin met die kroonprins.
Die koning neem die foto.