13.1.13

Swem en speel, die dag na Kersfees

Dis wonderlik om te sien hoe my kinders leer swem in die swembad waarin ek leer swem het. Op die trappie waarop Jan-Hendrik vir ure lank geswem het, het ek ‘n groot deel van my eie kinderjare deurgebring. Tyd vlieg, herinneringe bly. En so word ons ouer en met elke uur maak ons meer en meer plek vir die nuwe geslag – die kindertjies wat nou sonder enige worries net wil speel.