13.1.13

'n Vervroegde verjaardagpartytjie!!

Aangesien ons alleen in Oos Londen sou wees op Sussa se verjaardag het ons sommer besluit om haar partytjie te vervroeg toe ons by Skoonouers was en daar vir haar maatjies was om meet e speel (Tiaan). Jan-Hendrik het dit vreeslik ernstig geneem, seker gemaak dat sy alles reg doen en hy het pligsgetrou geassisteer met die uitblaas van die kersies. Ek kan nie glo my dogter is al twee jaar oud nie. Ons kan nou maar ophou om na haar ouderdom te verwys in maande. Sy’s nou 2!!!