9.4.12

Die kinders, sand en see...

Sussa speel te lekker in die sand; dis 'n sticky mess van sand, soutwater, roomys en babamelk.



Jan-Hendrik speel saam met Oupa in die vlak water. Leer om die onderskeid te maak tussen "klein" en "groot" golwe. Met die verloop van die vakansie het die definisie stelselmatig verander; "groot" het al kleiner geword, en "diep" het al vlakker begin word.




Die eerste dag het Sussa niks van die see gehou nie, maar dit het verbeter soos die vakansie verloop het.