Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
14.3.11
Hengel of visvang?
Sondag was ons, die Erasmusse en die Meyers vir die dag by 'n forel-plaas buite Sabie. Wat 'n heerlike dag!!! Selfs visse gevang. Die laaities het dit verskriklik geniet; ons ook.
Die visse word met opset honger gehou vir 'n paar dae; elke gooi is 'n vir werd! Dit is beter so vir die kinders - hulle was nie vir een oomblik verveeld nie, en hulle kon mooi kyk hoe die vissies lyk. En voel.
Hierdie foto het ek spesiaal vir Andrew geneem; my arms kon ek nie verder vorentoe steek nie. Dit is so groot as wat die vis kan wees...
En Deon het vir Theunsie (al bietjie groter) mooi geleer hoe werk die visvang en met-die-net-skep ding. Theuns het al ons visse uitgetrek.