Afgelope Donderdagaand; my beurt vir 'n wynproe. Ons proe Chardonnay en Sauvignon blanc; by Ampath se seminaarkamer - ideaal vir die geleentheid. Champagne buite in die parkeerarea gehad; gekyk hoe die son ondergaan.
Gerrit Haarhof was ons gas; al sy wyne korrek uitgeken (eintlik was almal korrek).
En Jean was al weer die slimste...
En Andre het by tye gesukkel om met 'n effe gesopendheid die gemiddelde uit sy kop uit te werk. Ek sou eenvoudig net 'n calculator gebruik het...
En Stapes vertel al weer 'n kakstorie...
Die ander helfte van die leë bottels is agter op die tafel (buite beeld); het gelyk soos 'n slagveld...
Nog 'n baie suksesvolle wynproe!!!