Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
7.8.11
Afrikaners is plesierig!!
Dis BAIE lekker om te kamp. Veral hier by Skukuza saam met al ons pêlle. Lana is vriendelik, en almal se kind. Jan-Hendrik sien mens nie - hy en sy twee tjomme hardloop die hele wêreld vol; maak 'n groot geraas.

'n wel-verdiende (sterk) dop na die wedloop. Dit lyk of sy om die blok geloop het...
'n Trotse Pa met sy pragtige dogtertjie!!
"Ek is nie 'n stap se maatjie nie... 'n ry se maatjie nie... 'n vlieg se maatjie nie... Ek is nie 'n skiet se maatjie nie.. Ek is Jesus se maatjie, ja meneer..."
Hulle vergelyk al reeds sizes... SEUNS!!! Boys will be boys...
Vuil; hier-en-daar vol bloed; stukkende toon (hammer op sy toon geval toe ons kamp opgeslaan het); regte seuntjie.
Oudergewoonte kyk almal saam die rugby, maar hierdie was eintlik 'n slegte / vreemde week in die Currie Cup - Die Blou Bulle verloor teen die Leeus; Die Sharks verloor teen Griekwas; WP verloor teen die Vrystaat.
Die dogtertjies bekyk al die geraas maar net op 'n afstand (seuns wat soldaat-soldaat speel en manne wat moan oor die ref).
Dolla en die nuutste Meneke; lyk nes hom Pa (Willem, "donderse van Rooyen" soos Arthur (sy skoonpa) na hom verwys).
Dis nou Arthur (Oom Akkies) Meneke; legende in Suid-Afrikaanse Marathonkringe; moerse depressief na die Blou Bulle se verloor teen 'n gemiddelde Leeus span met 16 spelers (bliksemse ref!).
Groot party! Die manne kuier!
Sommiges se vrouens moet hulle maar regop hou...
Ons vier Dolla (Mariet Erasmus) se verjaardag. Deon bring 'n koek uit wat bestaan uit klomp klein cup cakes met Dolla se gesig op. Gebalanseer op kampglase. Almal is bang vir die laaities; daai koek gaan nie bo bly nie...
Maar Dolla is slim - sy kry al die kinders om haar te help om die een kersie dood te blaas, en dan help sy hulle om elkeen 'n koekie met die mooiste gesiggie op versigtig af te haal.