Dit is die hotel met die beste uitsig in die wêreld. Jy sien vir myle en myle, en dis vrek hoog en baie indrukwekkend. Ons almal se asems was so bietjie weggeslaan toe ons dit sien!
Aangesien dit ons eerste cruise was het ons besluit om maar vir die beste kamers te gaan - dié met 'n balkon. Dit lyk letterlik soos 'n smart hotelkamer met sy eie balkon en badkamer.
Ek was aanvanklik baie bang, en voor die tyd het ek so bietjie slaap verloor hieroor - die balkon is regtig "oop", en ek reken baie onveilig vir kinders, maar hulle besef dit ook - daar was baie gou 'n veiligheidsnet voor ons balkon op. Ek het ook so bietjie beter gevoel, maar Boeta was nog steeds die balkon verbied.