22.2.10

Hotel op water !!!

Daar is vier groot swembaddens, met plek vir honderde mense om in die son te lê; buite storte; borrelbaddens, kroeë, ens. 'n Ware vakansieplek!
-------------------------------
Rock-climbing vir dié wat sulke goed wil doen...
------------------------------
'n "Running track" reg rondom die bood vir diegene wat 'n entjie wil gaan hardloop voordat hy/sy die ontbyttafel gaan aanvat - snaaks, niemand gesien hardloop nie...

------------------------------
'n Teater wat omtrent 2000 mense kan huisves. Elke aand was daar caberet vertonings gewees, bingo, musiek, ens.
------------------------------
Twee baie smart restaurante - ons het elke keer gaan eet by Il Galione - 5-gang!! Die kos wou net nie ophou nie. Dis nou een ding van die trip - daar is verskriklik baie kos, en die hele dag lank. Jy kan die hele trippie eet soveel jy wil!
------------------------------
'n Spa vir die spa-tiepes...
------------------------------
'n Mens kry die hele tyd die smart-hotel-in-Sandton gevoel...


------------------------------
Baie sitkamers met kroeë en musiek vir ontspan en kuier. Baie drink - die drank is baie billik geprys.



------------------------------
En selfs 'n Irish Pub - die enigste plek waar ons die krieket kon kyk (tweede toets teen Indië wat ons verloor het met 9 balle om te gaan...)


------------------------------
Selfs 'n dobbelhuis vir mense wat daarvan hou om hulle geld weg te gee...


------------------------------
Lesinglokale waar daar elke dag twee lesings was; ongelukkig net oor Marine-verwante onderwerpe... Ek dink hulle kan 'n bietjie meer maak hiervan, veral vir diegene wat reeds verbrand het bo op die dek!


------------------------------
En selfs 'n speelplek met toesig vir kindertjies. Ons het saam met Jan-Hendrik daar gaan speel. Baie oulik!