23.2.10

Die plekke wat besoek is..

Ons het begin in die Durban hawe. Daar is vreeslik baie moderne ontwikkeling aan die gang in die UShaka area, amper soos by die Kaapstad waterfront. Groot bote lê langs ons; nee eintlik daar onder ons in die water. Ons skip was in daardie paar ure een van die grootste geboue in die stad!
------------------------------
En natuurlik 'n baie indrukwekkende nuwe stadium - Moses Something ...

------------------------------
Die volgende oggend het ons die Maputu hawe ingevaar. Daar is baie van die oue, soos die Polana hotel wat nog pragtig uitstaan en die Maputu "sky line" definieer, maar ook baie nuwe geboue, seker alles Suid-Afrikaners wat kom geld maak in die vreemde...





------------------------------
Die volgende oggend het ons baie sports gehad - die boot het anker gegooi so 'n paar km af van Barra Lodge, en ons is met bootjies aangery strand toe. Meeste mense was amper die hele dag uit, maar ons net so vir 'n paar uur. Jan-Hendrik het nie baie daarvan gehou nie en hy was so bietjie huilerig.


Almal moes maar klou vir al wat hulle werd was!

Dit was verskriklik warm en die son was baie erg. Boeta se hoedjie het die hele tyd afgewaai...

Daar is eintlik nie veel om te sien nie. Baie mense het gegaan op snorkel uitstappies, en sommiges het selfs die hele dag gaan diepsee visvang.




Hier staan ons in die ry om terug te gaan boot toe. die "terug" episode was baie rowwer as die eerste trippie. Ek was nogal bly toe ons ons voete weer op die boot sit!