Ouma se tuin is pragtig!!!! Jan-Hendrik betrap ek ook een oggend met my kamera, besig om fotos te neem van al die blomme.
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
21.12.11
Stop-over in Potchefstroom
Nog 'n vakansie stop-over. Lekker kuier in Potchefstroom by Oupa en Ouma.


Ouma se tuin is pragtig!!!! Jan-Hendrik betrap ek ook een oggend met my kamera, besig om fotos te neem van al die blomme.
Ouma se tuin is pragtig!!!! Jan-Hendrik betrap ek ook een oggend met my kamera, besig om fotos te neem van al die blomme.
Gholf op Elements
20.12.11
Klein Kariba!!
10 dae se uitkamp by Klein Kariba - die ideale Somersvakansie, met Oupa en Ouma Bez ook daar vir 'n groot deel van die vakansie. Ons was al voorheen hier (Patologie kongres in +/-2005 by Warmbad), maar die kampery is heerlik, en die kinders het dit duidelik baie geniet.
Hier volg 'n hele string fotos; ek gaan nie elkeen beskryf nie. Kyk maar self, die plek is 'n juweel. Ons het elke dag lang ente gaan stap, rondom die dam, op teen die berg, die bos-staproete. en die plek het die mooiste swembaddens - koue baddens en verhitte baddens; en die mense geniet hulself gate uit, met die beste restaurant wat mens op so 'n vakansie sou wou hê. Slap chips!!! Elke dag, twee keer!!!

Sy dink "ek soek 'n vuurhoutjie..."






Die vakansie het Jan-Hendrik die eerste keer "self" geswem (met sy Spiderman vlerkies); angstig aanvanklik, maar hy't homself verskriklik geniet en ure in die water gespandeer.
Baie trots op homself. Hy kan SELF!!

Sussa het lang slapies langs die swembad gevat, soms met die pote in die lug...



Jan-Hendrik het vryheid gehad om te gaan waar hy wou. Hy het meer tyd by ander maatjies se kampplekke gekuier as wat hy by ons was, en soms het hy 'n string maatjies saamgebring na ons plek toe. So het ons baie ander mense ontmoet.




Ander besoekers aan ons kampplek...
Sussa speel haar hart uit by die staanplek se kraan. Ons het gesukkel om soms die kinders se klere skoon te kry...
En ons het al ou Maria se koekies gepolish.
Hier volg 'n hele string fotos; ek gaan nie elkeen beskryf nie. Kyk maar self, die plek is 'n juweel. Ons het elke dag lang ente gaan stap, rondom die dam, op teen die berg, die bos-staproete. en die plek het die mooiste swembaddens - koue baddens en verhitte baddens; en die mense geniet hulself gate uit, met die beste restaurant wat mens op so 'n vakansie sou wou hê. Slap chips!!! Elke dag, twee keer!!!
Oupa en Sussa..
Die vakansie het Jan-Hendrik die eerste keer "self" geswem (met sy Spiderman vlerkies); angstig aanvanklik, maar hy't homself verskriklik geniet en ure in die water gespandeer.
Ander besoekers aan ons kampplek...
Subscribe to:
Posts (Atom)