Die seuns is groot vriende. Hulle kyk Spiderman en skiet mekaar met guns in die tuin. |
Mal oor hulle Oupa |
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
Die jaareindfunksie was hierdie jaar by Two Dogs Bistro in Beacon Bay. Behalwe dat ons verskriklik lank vir die kos gewag het was dit 'n heerlike aand. |
Albe Edeling, ek (Piet Swanepoel), Johan Botha, Andre Evans, Fanie Kriel en Wayne Lubbe. |
En ons beter helfdes - Estelle Evans, Adele Lubbe, Nina Kriel, Marinda, Unetsie Botha en Janet Edeling. |
Die dak van die huis is besig om op te gaan. Die plek lyk huge. Op hierdie stadium lyk dit soos 'n plaasstoor. |
Die keermuurtjie is uiteindelik op. Die buurman se muur het gedreig om om te val. |
Garage. |
Die leefarea se dak. Die ruimte is effe oorweldigend. |
Meeste van die pleisterwerk in die slaapkamers is klaar. |
En die trappies na die studeerkamer is ook reeds gebou. |
Laaste dag van Mimigym - die ouers is uitgenooi om in te sit op die oefeninge. |
Die juffrou help hulle mooi om nie seer te kry nie. JH het nie vreeslik baie hulp nodig nie. Hy doen dit soos 'n ou pro. |
Hy's dalk nie soet nie, maar hy is atleties. |
Toe sy voete oor kom toe val 'n klomp albasters uit sy sakke uit. Vir my was dit 'n baie spesiale oomblik. Pa se groot seun!! |