31.12.13

Lente in Oos-Londen

Hierdie is fotos wat ek in September geneem het toe die weer uiteindelik weer lekker genoeg was om strand toe te gaan. Hierdie was sommer 'n weeksmiddag na werk. Die hele Oos-Londen het die strand gaan geniet.

Boeta eksploreer die strand, en soek na goggas om te terroriseer...


Lana is nie mal oor die sand nie, maar dit raak elke keer beter.

Hy skop soos 'n regte seuntjie...

Sy ook...




Oop en toe by die duine af...
Waar kry hy al sy energie?

Ek en my pragtige dogter

"Wat moan jy so?"
"Ek hou nie van die sand nie, mamma..."




Growth spurt...

Raai wie groei nou vinnig?
Hy vra gereeld vir seconds...


15.9.13

Huisbou (5)

Hierdie fotos is 'n week geneem na die laaste bou psot. Daar was heelwat vordering, en soos mens kan sien is die gat opgevul. Dis ontsettend hoog aan die voor kant van die huis. Eintlik baie nice...

Die ekstra kamer onder die woonkamer. Hulle is besig om die boks te bou vir die beam aan die voor kant.

Oopplan leefarea..

Ons beter smile, my skat. Ons is diep hierin...


Op die erf is daar 'n klein bulldozer'tjie waarmee hulle grond skuif. Dit maak 'n heerlike speelplek vir klein kindertjies.

Liefling wil ook die ding ry..

Die view... Hier kom 'n dek van ongeveer 4m diep, kant tot kant.

My nuwe studeerkamer..

Boeta se kamer..

Onderste badkamer..

Die eienaar van die huis..

Die sponsor..

Die bedonderde hoë muur..

Boeta is self baie beindruk met die hoogte van die huis.
Hier staan hy en stokke gooi op doodvalhoogte (se vlakte)...

Die ekstra kamer onder sal later die kuierkamer raak by die toekomstige swembad..

Real steal..

Pragtige Saterdagoggend by die see

Ons huurhuis op die hoek. Ek is seker ons gaan eendag terugkyk na hierdie huis en ook dalk 'n knop in die keel kry...

Die straat af na die Blue Bend strand.

Ek dink hy hou die bal soos 'n losskakel...

Sussa is soos haar Ma - sy kry vinnig koud.

Pragtige Saterdagoggend - pragtige sonskyn en wolkloos.
Min sou ons weet dat die res van die dag mislik en erg winderig sou wees.

Maar dis pragtig hier op die strand by Blue Bend. Almal stap met hul kinders en honde, almal vriendelik en beleefd.


Vir 'n kind met lewenslus en 'n verbeelding is dit 'n fantastiese plek.


Ek dink die gesinnetjie begin nou tuis voel hier by die see.
Almal lyk gelukkig.



Bokkie besoek die skool

Daar is groot opwinding by die skool - Bokkie (die Springbokke se mascot) besoek die skool in voorbereiding vir die groot game tussen die Springbokke en All Blacks die volgende dag (wat so lelik gespoil is deur 'n k@k ref en actors in All Black truie; wat 'n skande...)

Everybody is dressed appropriately.

En Juffrou Hanri begelei die span na die skoolsaal.

En daar is die man van die oomblik - BOKKIE!!! Die kinders love hom...

Die hele skool is daar.

Boeta ook.

Kinderpartytjie

En so ontmoet ons nuwe mense - deur ons kinders se aktiviteite...
En dit voel of ons nooit getrek het nie. Daar is fantastiese mense orals.

En Pappies met passie.

En pragtige blondines...
O, hierdie een is myne...

Emilie is die donkerkoppie aan die regter kant wat vir die kamera kyk - die verjaardagmaatjie.

En aan die regter kant is haar mammie (met die verjaardagkoek) en haar pa.

Pragtige kind (met 'n snotneus).

Woelige seuns gooi mekaar met balle...

En die slim outjies gaan vir die mooi ouer meisies...
Mooi my seun.