15.9.13

Huisbou (4)

Hulle vorder vinnig. Hierdie is die ekstra kamer wat ons onder die woonkamer kon inpas.

Daar gaan trappe teen die verste muur van bo af kom (die muur wat in die koelte is op die foto).

Hierdie is die vloer vir die onderste kamers.

Hier is die probleem - die hoë muur. Dit maak dat die garage, kombuis, scullery en leefareas alles op een gelyke vlak is, maar dit gaan beteken die dek aan die voor kant van die huis ontsettend hoog gaan wees (ten minste 4,5m aan die voor kant, skat ek).

En dit is die gat wat opgevul moet word voordat die vloer van die leefarea / kombuis gegooi kan word.

En hierdie, dink ons, is die binnehof buite die kombuis.
Sal maar sien...

Huisbou (3)

En die keermuur aan die voorkant van die huis raak al hoe hoër..

En ons scullery is die grootste een in Oos Londen...

En met die hoë keermuur ontstaan daar toe 'n probleem - hoe de hel gaan ons die gat opvul om die vloer te kan gooi? Ons benodig omtrent 130 kubieke meter bourommel. Die hele Oos Londen kom dump hul bourommel vir die volgende week by 1A Lower Ridge Road, Bonnie Doon...

Die gholf swing - die feite...

Lana wil ook slaan. Sy line hom op en kry haar stance reg.

Die back swing is effe kort maar effektief.

Abbreviated follow-through, en ek vermoed sy tel haar kop vroeg op.

Boeta dink sy's 'n donnerse amateur en vat die stok onder 'n gil van haat.

So maak mens!!!

Backswing soos Phil, effe lank, maar as mens ball sense het mag mens, want van daar af kan mens hom goed moer...

En die perfekte swing en follow-through; perfekte weight transfer; hande eindig hoog.

My seun Jan-Hendrik word 5!!!

Die tema is Spiderman. Elke seun moet een-of-ander tyd 'n Spiderman partytjie he!

En Lana maak seker dat almal uitgenooi is.
Noem haar (en Mamma) die party planners...

Eers 'n partytjie met eetgoed by die skool saam met al die maatjies.




Met Juffrou Hanri wat die orde handhaaf.

Na skool 'n wilde party by die local hangout saam met al die cool chicks...

Die cool Spiderman koek wat vernuftig deur Neil Evans se mamma - Tannie Estelle (of "Tannie Distell" soos Jan-Hendrik haar noem) - saamgeslaan is.

Baie impressed...

En daar is heerlike soet stukkies wat mens met die vingers kan af-pick...

Almal help om die kersies uit te blaas.

En die mammies kom help om die kinders in toom te hou (Estelle / "Distell", Elmarie, Danelle - Heib se ma)



En Lana was natuurlik ook daar.

Migal en sy mamma, Melanie.

En die groot gogga van die oomblik.

Nog een.

My pragtige gesinnetjie!!!

Lana lyk nie baie impressed met die kos nie.

En al daai pragtige geskenke.

En Lana help om di egeskenke almal van hul papier te verlos.

En nou het Boeta sy eie stel Limited Edition Gogo's...

Dankie my seun, vir die 5 beste jare in my lewe. Ek hoop daar's nog baie!!!

Huisbou (2)

Die lae muurtjies van die bottom woonkamer. Ons sal nog later besluit waarvoor die kamer gebruik gaan word.

Leefarea met kombuis.

Kyk net ons pragtige huis!!

Marinda kan nie besluit waar sy die meubels wil plaas nie...

Geen beter speelplek as 'n bouperseel nie...

Daar is so baie goed om te ontdek!!!

Huisbou (1)

Die huisbouery vorder redelik vinnig en ek word by die dag meer opgewonde oor die finale produk.
Dalk is ek net naief...

Aan die voor kant van die huis word 'n groot dik keermuur gebou (sal later redelike probleme skep... sien latere posts).

Die naamlose mense wat sulke lang ure aan ons droomhuis werk...

Potty training

Potty training is 'n spanpoging in ons huis.
Met groot entusiasme word die projek aangepak.

Eureka!!!! Sukses!!!

Baie geluk Sussa. Ons is almal baie trots op jou!!!

Vioollesse begin...

Sy aandag is maar kort; 10 minute en die les is verby. Maar vir 10 minute lyk dinge belowend.

Hy kla bietjie dat die viool hom seer maak. Mens raak gewoond daaraan.

Lyk of hy regtig wil. Kom ons sien...