| Ons het 'n paar keer sommer in die Centralworld mall se food court gaan eet; uitstekende kos en belaglik goedkoop (so R20 per bord). |
| Dit is beslis die grootste mall waarin ek nog ooit was; mens kan twee weke lank net in hierdie mall rondloop. |
| Selfs ou John Snow was ook daar. |
| Deel met drie om rand te kry. |
| Ons het ook een aand 'n kom movie kyk (Maze Runner). Daar is seker 30 teaters, almal groot genoeg vir seker 500 mense. |
| 'n Indrukwekkende struktuur wat deur Bangkok se middestad kronkel - onder die gewone pad, bo dit die sky walk, dan die highway, dan die sky train. |
| En al die groot malls is deur die skywalk verbind. Mens hoef nooit oor 'n besige pad te probeer stap nie. |
| Die meer tradisionele vervoermedium. |
| En elke Thai het 'n bike. |