| Nuwe moderne lughawe; massief groot. Mense van alle kleure en geure van reg oor die wereld gaan hier deur. |
| Marinda het baie vinnig hierdie Isuzu SUV raakgesien (wat nie in SA beskikbaar is nie; why not?) |
| The city that never sleeps. Vreeslike druk verkeer. |
| Ons het tydens die kongres oorgebly in die Centara Grand by Centralworld. Gerieflik in dieselfde gebou as die ICC. |
| Lekker moeg; twee lang vlugte agter die rug!! Ek dink MArinda het onmiddelik gaan slaap (omtrent 10:00). Ek was direk kongres toe. |
| Pragtige ruim kamers. baie billik geprys. |
| Die uitsig vanuit ons hotelkamer. |
| Daardie eerste aand - die uitsig vanaf die swembad / tennisbaan area op die 26'e vlak. |
| Die trap waarop Vanessa Obers (my kongres tjommie) haar enkel geswik het. Gelukkig was daar 'n gie fisioterapeut beskikbaar. |
| Drinks by die sky bar bo-op die hotel se dak (58'e vloer) |
| Volgende dag; fotos van die swembad en hotel. Indrukwekkende plek met 'n fantastiese uitsig. |