Ons is verskriklik baie reën belowe. Die wildtuin het selfs vier helikopters op bystand gehad om mense na veiligheid te bring. Sandsakke is gegooi. Vensters is toe gespyker.
En toe wag ons...
Ek dink die sikloon het ons gemis...
Buite gewag om fotos te neem van die skade en die wind...
Toe neem ek maar fotos van al die mooi plante in my tuin.
En toe dit nie reën of storm nie het ons besluit om die son te geniet en te swem.